Publicity
'Hoe klub' van owerspel - Elize Smith
'Ander vrou' jag mans vir hul intellek en plesier
Sy is a enkellopende beroepsvrou, emosioneel en finansieel
onafhanklik en baie kieskeurig - en sy skram weg van 'n permanente
verbintenis.
Wat sy in 'n man soek is intellektuele prikkeling en pret en
plesier - en daarna stuur sy hom terug huis toe, na sy vrou miskien.
Dat sy' die ander vrou' genoem word pla haar nie.Sy se reguit sy
soek so 'n man-in die direksiestoel,die uitvoerende hoof, die
akademikus, die suksesvolle entrepreneur.
So 'n ander vrou is Claire, sy is 29 jaar oud, beklee 'n toppos
by 'n gerekende maatskappy en het min vrye tyd om sosiaal to
verkeur. Sy het haar by Cherie (die eienaar van 'about lovers'. ) se
ekslusiewe klub aangesluit omdat sy van interessante mans se
geselskap hou, maar nie 'n permante verbintenis wil he nie.
Cherie,met 'n meestersgraad in sielkunde, bedryf haar agentskap
al vyf jaar lank in Johannesburg wat bedoel is vir mense wat ver
gevorder het op die suksesleer en weet wat hulle wil he.
Die goed geklede Cherie met die gemoduleerde stem was lank 'n
konsultant vir menslike hulpbronne. Dis waar sy die behoefte aan so
'n diens raakgesien het.
'My onderneming is anders as 'n gewone gesellinagentskap. Kliente
betaal lidmaatskapgeld, maar word vooraf streng gekeur. In vyf jaar
het my klientetal in Johannesburg ongelooflik gegroei, en ek wil nou
ander dele van die land ook ontgin.'
Cherie se die meeste mans wat aan haat deur klop is gelukkig
getroud, maar soek na 'bykomende avontuur.'
Sy verwys na Peggy Vaughan, skrywer van 'The Monogamy Myth' , wat
in haar boek meld tot 85% van alle huwelike word deur 'n
buite-egtelike verhouding geraak.
'My manlike kliente het die sekuriteit van 'n huis, 'n roetine en
'n gesin, en hulle wil nie skei nie. Maar omdat hulle suksesvolle
is, het hulle hoe testosteronevlakke wat waaghalsige uitlaatkleppe
soek.
'Duur my kom hulle met die soort vrou in aanraking met wie hulle
geen risiko van emotionele eise of verbondenheid loop nie.'
Soos 'Tony', vertel sy. Hy is omtrent vyftig en lief vir sy vrou.
Na dertig jaar se getroude lewe het hy begin soek na nuwe dryfkrag
omdat sy huwelik 'vervelig' geword het.
Hy is een van die baie. |